DOEL VAN DIE REEKSDie gemeente van Caledon-Wes leef vanuit die belofte dat ons God se saailand is. Hy roep ons om vrugbare grond te wees waarin die Saad (Christus) kan groei.
Daarom wil ons as gemeente deurlopend daarna soek om te groei in ons verhouding met God. In hierdie nege weke reeks, met die tema: “Touch, Pause, Engage!” kyk ons na hoe ons deel van God se span is. Ons gebruik hierdie metafoor van 'n span om ons te help om verskillende geloofsgewoontes te identifiseer, daaroor na te dink en dit in te oefen. |
KLEINGROEPE EN OPLEIDING
Deel van hierdie reis is die geleentheid om deel te raak van 'n groeigroep vir 5 weke, waarin ons saam gesels oor die week se preek en teksgedeelte met die hulp van 'n boekie. Jy kan deel raak van 'n bestaande groep of 'n nuwe kleingroep vorm saam met jou vriende. Hierdie boekie begelei jou ook met daaglikste stiltetye, sowel as 'n familie geleentheid een maal per week om as gesin saam te gesels rondom die Woord.
|
Om uit te vind waar jy deel kan word van 'n kleingroep of om jou eie kleingroep se skakelpersoon te wees, kontak gerus ons kleingroep koördineerder - Fana de Wet (083 274 9299). Voortdurende opleidingsessies word Sondae oggende voor die diens gehou om 08:30.
|
Hier is 'n lys van die Skakelpersone:
Kontak Fana de Wet indien jy by 'n groep wil inskakel |
Sosiale media
Ons kommunikasie gaan ook via Whatsapp uitgaan, so as jy boodskappe wil ontvang, stoor Caledon Wes Gemeente as 'n contact op jou foon met die nommer 078 510 2575. Stuur dan jou naam en van op Whatsapp om boodskappe te begin ontvang.
Preke word opgeneem en op die webwerf geplaas. Gaan na ons preke blad om die nuutste preke te luister.
|